
AdMaths / GEVORDERDE PROGRAM WISKUNDE
Leerders by HS Vredendal word deur die AdMaths sentrum bereik deur middel van afstandsonderrig.
​
Addisionele Wiskunde HG (AdMaths) was ‘n departementele ekstra vak onder die ou bedeling. In die nuwe kurrikulum het dit verval, maar “Advanced Programme Mathematics” word vanaf 2008 deur die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) aangebied, en ‘n aparte matrieksertifikaat word uitgereik.
​
AdMaths is ‘n aparte vak en nie ‘n ekstra klas in gewone wiskunde nie, alhoewel versnelling van sekere areas van gewone wiskunde wel plaasvind.
Die nuwe wiskunde-sillabus veroorsaak dat tekorte ontstaan in ‘n leerder se wiskunde opleiding en lektore op universiteit is reeds baie bekommerd oor die huidige standaard van tersiêre studente. AdMaths is hoogs aanbevole vir alle B.Sc. en B.Comm rigtings. Dit is noodsaaklik vir aktuarieël en ingenieurswese.
​
​
AdMaths Afstand is baie buitemuurs-vriendelik. Leerders kan op hul eie tyd werk om hul vol programme te help akkommodeer.
Die vak word ook aangebring op die skoolrapport.